Die konferensie is 'n opvolggeleentheid van die Internasionale Jaar van Globale Begrip (IYGU) en soek in dieselfde gees om nuwe maniere te ondersoek om die kulturele, sosiale en streeksdimensies in volhoubare ontwikkelingsbeleide te integreer.
Die natuurwetenskappe het die wêreld se aandag gedryf na die ekologies skadelike gevolge van moderne leefstyle. Hierdie insigte was en bly uiters belangrik. Maar wat oor die afgelope dekades meer en meer duidelik geword het, is dat hulle nie voldoende is om 'n volgehoue en selfverantwoordelike verandering van lewenswyses te motiveer en te implementeer nie.
Hiervoor het ons 'n breë humanistiese benadering nodig. Tot voordeel van almal word die insluiting van die insigte van die geesteswetenskappe en die sosiale wetenskappe vereis. Op die lange duur is diep en vreedsame samelewingstransformasies sonder die sosiale wetenskappe en die geesteswetenskappe se insigte kwalik haalbaar.
Om mense op 'n breë front vir diepgaande samelewingstransformasies betrokke te kry en betrokke te raak, vra eerstens 'n respekvolle waardering van kulturele en sosiale diversiteit en besonderhede oor verskillende streke van die wêreld. Gevolglik moet ons streeks- en kultureel gedifferensieerde paaie vind om daardie doel te bereik. Dit is die agtergrond vir die tematiese belyning van die konferensie.