Die Internasionale Unie van Kristallografie (IUCr) is 'n wetenskaplike unie met die oogmerke om internasionale samewerking in kristallografie te bevorder en om by te dra tot alle aspekte van kristallografie, om internasionale publikasies van kristallografiese navorsing te bevorder, om standaardisering van metodes, eenhede, nomenklature en simbole te fasiliteer, en om 'n fokus op die verbande te vorm van kristallografie na ander tipes wetenskappe.
Die IUCr vervul hierdie doelwitte deur in gedrukte en elektronies primêre wetenskaplike tydskrifte te publiseer deur Crystallography Journals Online, die reeks verwysingsbundels International Tables for Crystallography, die verspreiding van die kwartaallikse IUCr-nuusbrief, die instandhouding van die aanlyn World Directory/Database of Crystallographers, die toekenning van die Ewald-prys en organisering van die driejaarlikse Kongres en Algemene Vergadering.
Die driejaarlikse kongresse van die IUCr is die belangrikste internasionale wetenskaplike vergaderings vir kristallograwe wêreldwyd. Elke kongres sluit een of meer sittings van die Algemene Vergadering in wat die beleid van die Unie goedkeur. Die volgende kongres sal die 25ste wees en sal van 14 – 22 Augustus 2021 gehou word.